WIE SAL VERSTAAN

WIE, sal verstaan.
Die pyn van 'n Moeder …..Nie meer 'n Ma.

WIE, sal verstaan.
Die hartverskeurende seer van n Vader…..Nie meer 'n Pa.
EN AS, ek kon.
Sou ek my lewens asem vir jou gee.
Sodat jy vir ewig kan musiek luister.
En met die kleure van die reënboog inkleur.

WIE, sal verstaan.
Hoe mis mens die woorde, Mamma & Pappa.
'n Seuntjie se lag, selfs 'n traan.

WIE, sal verstaan.
Hoe jou seuntjie nou fladder in die hemelse wind.
En hoe tyd van Liefde en saamwees,
In n oogwink vergaan.

So, sweef my kind, voel die Hemelse wind.

WANT, wie sal verstaan.
Net 'n Mamma en Pappa.
Verstaan.

Jy't jou vlerkies gekry, En jy vlieg in die Hemel se wind.

 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved